77ste Oscar-toekenningsaand

  77ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 27 Februarie 2005
Plek Kodak-teater, Los Angeles
Aanbieder Chris Rock
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Million Dollar Baby
Meeste pryse  The Aviator (5)
Meeste benoemings  The Aviator (11)

Die 77ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Februarie 2005 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2004. Die komediant Chris Rock was die aanbieder.

Die biografiese prent oor die lewe van die eksentrieke Howard Hughes, The Aviator, het die meeste benoemings gekry (11), onder meer vir beste prent – maar laasgenoemde Oscar is deur Million Dollar Baby opgeraap. Finding Neverland en Million Dollar Baby het elk sewe benoemings gekry. Die Suid-Afrikaanse prent Yesterday is benoem vir beste buitelandse rolprent.

Op 74 was Clint Eastwood die oudste regisseur wat ’n Oscar wen. Dit was die tweede jaar agtereenvolgens dat hy ’n prent (Million Dollar Baby) geregisseer het waarvoor twee akteurs Oscars wen.

Cate Blanchett het die Oscar vir beste vroulike byspeler ontvang vir haar vertolking van Katharine Hepburn in The Aviator – dit was die enigste keer in die geskiedenis dat ’n akteur ’n Oscar gewen het vir die uitbeelding van ’n ander akteur wat ’n Oscar gewen het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne